Skip to content

Amerikaanse president Donald Trump dreig met 100%-tariewe op Chinese invoere

# Die Amerikaanse president Donald Trump dreig die VSA sal ‘n bykomende 100-persent-tarief op Chinese invoere hef, en beskuldig die land van ‘n “buitengewoon aggressiewe standpunt” oor handel. In ‘n boodskap gister op sy Truth Social-platform sê die Amerikaanse president Beijing het ‘n uiters vyandige brief aan die wêreld gestuur en grootskaalse uitvoerbeheer ingestel op feitlik elke produk wat hulle vervaardig. Trump waarsku die bykomende tariewe sal op 1 November in werking tree en sê die VSA sal ook uitvoerbeheer op alle kritieke sagteware na China instel.