Skip to content

Sokker: Bafana se Wêreldbeker-hoop vervaag ná doel-lose gelykopwedstryd teen Zimbabwe

# Sokker: Bafana Bafana se hoop vir die 2026 FIFA Wêreldbeker het ‘n knou gekry toe hulle gisteraand in hul voorlaaste kwalifiserende wedstryd in Durban teen Zimbabwe gelykop gespeel het. Die uitslag plaas Bafana tweede in Groep C met 15 punte – twee agter die voorloper Benin, wat ‘n oorwinning van 1-0 oor Rwanda behaal het in hulle kragmeting, ook gisteraand. Suid-Afrika het nou op die laaste dag ‘n wonderwerk nodig en moet hoop dat Nigerië Benin klop. Bafana se laaste Wêreldbeker-kwalifiseerder is Dinsdag teen Rwanda op die Bombela-stadion.