# Rugby: Met bykans ‘n herhaling van hul vorige kragmeting teen Argentinië, het die Bokke in die tweede helfte van hul laaste Rugbykampioenskap-wedstryd teruggeveg om Los Pumas met 29-27 te klop. Dit is die Bokke se tweede agtereenvolgende Rugbykampioenskap-titel. Die Argentyne het voor ‘n volgepakte Allianz-stadion in Londen eerste punte aangeteken en met rustyd met 13-10 voorgeloop. Die Bokke se punte het gekom van twee drieë deur skrumskakel Cobus Reinach, twee deur Malcolm Marx, en twee doelskoppe en drie strafskoppe deur Sacha Feinberg-Mngomezulu. Reinach is ook as Speler van die Wedstryd aangewys.