Nuus 14:00
BULLETIN 3 Oktober 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof gee redes waarom die MK-party se aansoek oor Senzo Mchunu se spesiale verlof van die hand gewys is
# Die Konstusionele Hof beslis die ouderdomsbeperkings vir ouerlike verlof vir aanneem-ouers is ongrondwetlik
# En, die kletsrymer Sean ‘Diddy’ Combs vra die regter om versagting
# Die Konstitusionele Hof het redes gegee waarom dit die MK-party se dringende aansoek van die hand gewys het om president Cyril Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas, om te keer. Die party en sy leier, voormalige president Jacob Zuma, het gevra dat die hof die aanstelling van waarnemende minister van Polisie Firoz Cachalia tersyde stel. In die redes vir die uitspraak, het regter Rammaka Mathopo gesê regstreekse toegang is nie geregverdig nie:
‘n Verdere Konstusionele Hof beslissing het ook bepaal die beperking van ouerlike verlof vir aanneem-ouers van kinders van twee jaar of ouer is ongrondwetlik. Regter Laura Lumka Tshiqi het beslis sulke voorwaardes diskrimineer onregverdiglik teen aanneem-ouers en hulle kinders, en ontneem hulle belangrike tyd om ‘n verhouding te vorm. Sy het vorige bevindinge bevestig, dat verskeie gedeeltes van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, en die gepaardgaande dele van die Werkloosheidversekeringsfonds, aangepas moet word. Die parlement het 36 maande om die foute reg te stel:
# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het twee splinternuwe helikopters en 12 patrollievoertuie aan die SAPD Tshwane Akademie in Pretoria oorhandig om sy bestaande vloot te versterk. Masemola sê dit vorm deel van die wtestoepassingstrategie terwyl die land voorberei vir die bekendstelling van die 2025/2026 nasionale veiliger feestyd-operasies wat in die komende week plaasvind. Die kommissaris sê die vloot speel ‘n kritieke rol in die versterking van nasionale veiligheid en sekuriteit:
# Motorsport: Die voorloper in die F1-bestuurderskampioenskap, Oscar Piastri, sê hy het geleer uit sy foute in Baku. Die renjaer is in die eerste ronde van die Azerbeidjan Grand Prix van die baan af nadat hy dieselfde fout in die kwalifiseringsrondes gemaak het. Sy spanmaat Lando Norris het sy agterstand in die wedloop vir die bestuurderstitel tot 25 punte vernou, voor die aanvang van die Singapoer Grand Prix hierdie naweek. Piastri sê hy sal nie die foute wat hy in Baku gemaak het, herhaal nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-24-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 120-duisend-429-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-864-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 64-dollar-39-sent per vat.
# En ten slotte, die veroordeelde kletsrymer Sean “Diddy” Combs het die regter in beheer van sy kriminele verhoor in ‘n brief om versagting gevra wanneer hy later vandag gevonnis word. Hy het sy vorige gedrag toegeskryf aan dwelmverslawing en verskoning gevra vir al die hartseer en pyn wat hy veroorsaak het. Hy het verklaar hy is hervorm nadat hy 13 maande in ‘n tronk in Brooklyn was. Combs is in Julie skuldig bevind op twee aanklagte van prostitusie en kan tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….