# Die linkse regering in Spanje stel voor dat die reg tot aborsie in die grondwet verskans moet word nadat die Munisipale Raad van Madrid besluit het om vrouens in te lig oor die sogenaamde “na-aborsie-sindroom”. Die geskil het ontstaan toe die raad, wat deur die konserwatiewe Popular Party beheer word, ‘n ver-regse voorstel aanvaar wat aandring dat mediese dienste vroue wat ‘n aborsie aanvra in kennis moet stel dat die sindroom kan lei tot alkohol- en dwelmgebruik, selfmoordgedagtes, en ‘n verhoogde moontlikheid van kanker. Die raad beweer inligting oor die sindroom word “doelbewus weggesteek” en voer aan aborsie is “groot besigheid” bevorder deur feministiese ideologie.
Spaanse regering wil reg tot aborsie in grondwet verskans na geskil oor sindroom