# Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap sê probleme wat ouderdomstoelae-betalings geraak het, is opgelos. Ongeveer 15-duisend begunstigdes het nie gister hul toelaes ontvang nie weens ‘n tegniese fout tussen Capitec en die betalingstussenganger, PayInc. Die uitstaande betalings sal vandag gedoen word. SASSA se woordvoerder Andile Tshona sê maatreëls word ingestel om ‘n herhaling van die voorval te voorkom: