Eko-minuut 13:30
BULLETIN 30 September 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, en die Suid-Afrikaanse uitvoerende toesigkomitee oor die meesterplan vir hernubare energie het ‘n onderneming onderteken om dié plan te bevorder. Dit bevat ʼn omvattende raamwerk om die inklusiewe industrialisering van die Suid-Afrikaanse hernubare energie-waardeketting en battery-berging te hanteer ter ondersteuning van werkskepping en ekonomiese mededingendheid. Graham-Maré sê die plan is daarop gemik om jong mense en vroue se vaardighede uit te brei en hulle te bemagtig:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel vir vandag warm tot baie warm en ongemaklike toestande in die Wes-Kaap. Temperature in die middel tot hoë 30’s en lae 40’s word in sommige gebiede voorspel. Die woordvoerder van Kaapstad se Rampbestuursentrum, Charlotte Powell, sê dit kan ʼn aansienlike uitwerking op mense se gesondheid en die omgewing hê. Sy sê hulle sal die situasie dophou en enige reaksie wat nodig is, koördineer:
# En ten slotte: Die Tafelberg Nasionale Park het bevestig die veldbrand in Kampsbaai wat oor sowat 25 hektaar gewoed het, is onder beheer. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê verskeie staproetes is steeds gesluit, insluitend die toegangspunt van agter Tafelberg. Hy voeg by sowat 50 brandbestryders is steeds op die berg om brandpunte te bestuur:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….