Skip to content

Vyfde Amerikaanse burger vrygelaat na aanhouding in Afganistan

# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê ʼn Amerikaanse burger, Amir Amiry, wat onregmatig aangehou is, is uit ʼn Afgaanse tronk vrygelaat. Hy is die vyfde Amerikaner wat vanjaar uit aanhouding in Afganistan vrygelaat word. Die spesiale gesant vir gyselaars, Adam Boehler, het na Kaboel gereis om persoonlik toesig te hou oor Amiry se vrylating. Rubio sê dis ʼn belangrike stap vorentoe, maar ander Amerikaners word steeds onregmatig in Afganistan aangehou en sê hulle sal nie rus tot almal tuis is nie.