# Die KwaZulu-Natalse provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het drie verdagtes in hegtenis geneem, van wie twee vermoedelik afpersingsindikaatleiers in Eshowe en Durban is. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê tydens die optrede Vrydag het die polisie ‘n lasbrief vir inhegtenisneming by ‘n woning in die Ntumeni-gebied in Eshowe uitgevoer. Hy sê toe die polisie by die woning aankom, het hulle twee sekuriteitswagte gevind waarvan een ‘n vuurwapen gehad het waarvan die reeksnommer afgevyl is.