# Die DA in die Wes-Kaap sê hulle is diep teleurgesteld oor die Nasionale Raad van Provinsies se besluit om die ontbinding van die Knysna-munisipaliteit te verwerp. Dave Bryant van die DA sê die aanbeveling deur die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, was beide nodig en geregverdig in die lig van Knysna se voortdurende regeringskwessies. Hy sê deur teen die ontbinding te stem, het die NRVP gekies om ‘n koalisieregering te behou wat die mense van Knysna herhaaldelik in die steek gelaat het:
DA veroordeel NRVP-besluit om ontbinding van mislukte Knysna-munisipaliteit te blokkeer [KLANK]
ENG DaveonNCOP