# Die DA in die Wes-Kaap sê die SWIMS-app vir die geïntegreerde bestuur van maatskaplike werk blyk ‘n deurbraak te wees in die manier waarop maatskaplike dienste in die provinsie bestuur word. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê tans gebruik een-duisend-141 maatskaplike werkers van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling die SWIMS-app om hul ingrypings op te neem en te bestuur. Sy sê die SWIMS-app is ‘n goeie voorbeeld van hoe innovasie in die regering tot werklike, betekenisvolle verandering kan lei.
DA sê Maatskaplike Stelsel-app versterk dienste in die Wes-Kaap [KLANK]
AFR WendyonSWIMSApp