# Tennis: Jannik Sinner het veranderings aan sy spel aangebring voor sy eerste verskyning sedert hy teen Carlos Alcaraz in die Amerikaanse Ope die spit afgebyt het. Die Italianer kon nie sy titel die maand in New York teen Alcaraz verdedig nie, wat hom in vier stelle geklop het om weer die wêreld se nommer een te word. Sinner, ‘n viermalige Grand Slam-wenner, speel die week in die Chinese Ope in Beijing, en sê hy gaan die aanpassings aan sy spel toepas. Alcaraz gaan nie sy titel daar verdedig nie en speel die week in Japan.
Tennis: Sinner sê hy maak aanpassings aan sy spel na nederlaag teen Alcaraz by VSA Ope