# ‘n Groep vooraanstaande ontleders meen die Kremlin het ‘n gekoördineerde inligtingsveldtog van stapel gestuur om een van sy ander buurstate te teiken met dieselfde retoriek wat voor die volskaalse aanval van 2022 teen Oekraïne gebruik is. Die Instituut vir die Studie van Oorlog sê senior persone in Moskou, waaronder lede van Vladimir Putin se binnekring, het ‘n aantal bewerings gemaak wat daarop gemik is om Finland te dreig. Finland deel ‘n grens van bykans een-duisend-300-kilometer met Rusland en het sy langdurige beleid van neutraliteit teenoor Rusland laat vaar nadat Rusland Oekraïne binnegeval het en in 2023 by NAVO aangesluit.
Rusland dreig ‘n Europese NAVO-land op dieselfde manier as wat hy Oekraïne voor die aanval bedreig het