Skip to content

President Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie is ingewikkeld en veelvlakkig

# President Cyril Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie is ingewikkeld, veelvlakkig en volgehoue, en vereis die aftakeling van stelsels van patronaatskap wat oor baie jare gevestig is. Ramaphosa het die finale verslag van die Nasionale Teenkorrupsie Adviesraad meer as ‘n week gelede ontvang. Daarin word onder meer aanbeveel dat ‘n permanente, onafhanklike, oorkoepelende teen-korrupsieliggaam gestig word. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die regering moet, luidens die verslag, instellings hervorm om oplossings te vind vir tekortkomings in praktyke en stelsels wat dit moontlik maak dat korrupsie floreer.