Skip to content

Parlementêre komitee bekommerd oor bestuurskrisis by Kern-energiekorporasie Suid-Afrika

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Elektrisiteit en Energie het kommer uitgespreek oor bewerings van ʼn bestuurskrisis by die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika. Die maatskappy is sonder ʼn funksionerende raad nadat vyf raadslede verlede week bedank het. Dit het plaasgevind nadat die raad nie ministeriële ondersteuning kon kry om die korporasie se uitvoerende hoof, Loyiso Tyabashe, te skors ná bewerings van wanbestuur van staatsfondse nie. Die komitee sê die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramakgopa, sal voor hulle moet verskyn en verslag doen oor die krisis.