Skip to content

Motorsport: Max Verstappen in voorste posisie by Italiaanse Grand Prix

# Motorsport: Max Verstappen van die Red Bull-span het vir ‘n verstommende voorste wegspringplek in die Italiaanse Grand Prix gekwalifiseer en ‘n nuwe ronde-rekord op Monza opgestel. Hy het die McLaren-duo geklop, met Lando Norris wat tweede gekwalifiseer het en die kampioenskaps-voorloper Oscar Piastri derde. Ferrari se Charles Leclerc sal tot groot vreugde van die tuisskare vierde wegspring. Lewis Hamilton wat vyfde gekwalifiseer het sal volgens ‘n vorige straf vandag se wedren in tiende plek begin.