# Rugby: Opwinding vir die Springbokke teen die All Blacks se 3de ronde Rugbykampioenskap-kragmeting op Eden Park in Auckland, Nieu-Seeland, het ‘n hoogtepunt bereik met die wedstryd wat ‘n paar minute gelede begin het. Die All Blacks was na 24 minute reeds 14 – 3 voor. Die Bokke moet hul staal wys, aangesien die laaste keer wat hul die All Blacks op Eden Park geklop het in 1937 was. Die Wallabies het intussen, in hul 3de ronde kragmeting in Queensland, Australië, in die doodsnikke van die wedstryd vir Argentinië met 28-24 geklop, nadat Los Pumas rustyd met 21-7 voorgeloop het.
Rugby: Bokke staar groot uitdaging in die gesig teen All Blacks op Eden Park