# Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz het Reilly Opelka van Amerika verslaan om die Amerikaanse Ope se tweede ronde te haal. Die tweede gekeurde Alcaraz mik vir sy tweede sege op Flushing Meadows. Die Suid-Afrikaner Lloyd Harris het met die Argentyn, Sebastian Baez, afgereken terwyl Casper Ruud van Noorweë die Oostenryker, Sebastian Ofner, geklop het. In die vroueafdeling het die Australiese Ope-kampioen, Madison Keys, in drie stelle ʼn skokkende nederlaag teen Renata Zarazua van Mexiko gely. Nog ʼn Amerikaner, Venus Williams, het ook in drie stelle teen die Tsjeg Karolina Muchova verloor.