Skip to content

Tshwane-loonbedrog-ondersoek trek bedrieër by waterdepartement vas [KLANK]

# Die Stad Tshwane se Forensiese Dienste en die Tshwane Metropolisie het ‘n persoon ontdek wat hom voordoen as ‘n wettige werknemer by die stad se Rietvlei-waterbehandelingsaanleg. Dit volg op ‘n versoek van die Kantoor van die Hoofbedryfsbeampte om identiteitsbedrog te ondersoek in die geval van ‘n personeellid met die naam Prince. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê dit het aan die lig gekom dat die individu in 2012 deur die stad in diens geneem is onder die naam Mohlaume Geoffrey Mamabolo, ten spyte van teenstrydighede in sy amptelike identiteitsdokument op lêer:

ENG SelbyonCrackdown