# Atletiek: Die Amerikaanse Olimpiese medaljewenner, Fred Kerley, is voorlopig geskors omdat hy na bewering opkikkertoetse misgeloop het. Volgens die kode van die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik mag ʼn atleet nie meer as drie opkikkertoetse in 12-maande misloop nie. Kerley se regspan sê hy gaan die bewering betwis omdat een of meer van die vermeende oortredings tersyde gestel moet word. Hulle sê dis omdat hy nie nalatig was nie of omdat die opkikkerbeheer-beampte nie gedoen het wat onder omstandighede redelik was om hom by sy aangeduide bestemming te besoek nie.
Atletiek: Amerikaanse Olimpiese medaljewenner Fred Kerley geskors nadat hy na bewering opkikkertoetse misloop