# Die UDM het woede as strafmaatreël verwerp en sê herstellende geregtigheid en opvoeding moet volg na aanleiding van die rasse-uitlatings deur die aanbieders van die Open Chat-podsending. Die UDM het die neerhalende opmerkings oor die bruin-gemeenskap veroordeel, en sê die uitlatings is onmenslik en strydig met Suid-Afrika se grondwetlike waardes. Die party sê dialoog, opleiding in kulturele sensitiwiteit en etiese mediastandaarde is die oplossing. Die UDM sal met die aanbieders vergader en hulle inlig oor politieke opportunisme en gemeenskapspyn.