Skip to content

Rugby: Pumas verras Bulle met ‘n oortuigende oorwinning in hul Curriebeker-wedstryd

# Rugby: Die Pumas het gister ‘n oortuigende oorwinning van 41-7 oor die Blou Bulle behaal in hul Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld. Die Pumas het die gashere met ses drieë teen een getroef en die Bulle se segetog gestuit. Die Pumas is nou ook boaan die punteleer. En in Durban het die Cheetahs die ongelukkige Haaie in ‘n harde stryd met 7-5 geklop – die Durbaniete se derde agtereenvolgende nederlaag. Die Cheetahs het ‘n drie en ‘n doelskop in die eerste helfte aangeteken, terwyl die Haaie slegs ‘n drie in die tweede helfte kon druk.