# President Volodymir Zelensky sê Oekraïne sal nie hul grond vir besetters persent gee nie. Dit volg terwyl president Donald Trump en sy Russiese eweknie Vladimir Putin beplan om op 15 Augustus vredessamesprekings te hou. Zelensky het in ‘n video-boodskap aan die nasie gesê die twee leiers sal niks bereik nie. Hy sê ware vrede is nie moontlik sonder Oekraïne se betrokkenheid. Putin maak aanspraak op vier Oekraïense streke – Loehansk, Donetsk, Zaporizhzhia en Cherson – sowel as die Swartsee-skiereiland van die Krim, wat hy in 2014 geannekseer het.