# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, begin vandag sy titel in die Cincinnati-ope verdedig teen die wêreld-nommer-107, Daniel Galán van Colombië. Dit is die Italianer se eerste toernooi sedert hy Wimbledon gewen het. Die tweede-gekeurde Spanjaard, Carlos Alcaraz, wat in die Wimbledon-eindstryd teen Sinner verloor het, speel ook vandag in die ronde van 64. Albei het ‘n loslootjie gehad in die eerste ronde. Die toernooi is voorbereiding vir die laaste Grand Slam-toernooi van die jaar, die Amerikaanse Ope, wat die 24ste in New York begin.
Tennis: Sinner, Alcaraz speel in Cincinnati