Skip to content

Tennis: Sinner is uitgerus vir Cincinnati na lang ruskans na Wimbledon-oorwinning

# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, glo dit was die regte besluit om ‘n lang ruskans te neem nadat hy Wimbledon verlede maand gewen het. Hy het aan die Kanadese Ope onttrek en gaan sy titel in Cincinnati verdedig voor die Amerikaanse Ope in New York, waar hy ook die verdedigende kampioen is. Die 23-jarige Italianer sê sy liggaam en gees moes herstel en dit was goed om weer saam met geliefdes te kuier. Hy speel sy eerste wedstryd in Cincinnati môre ná ‘n loslootjie in die eerste ronde.