Skip to content

WK-polisie soek verdagtes nadat drie in Philippi-Oos doodgeskiet is

# Wes-Kaapse speurders ondersoek drie moorde en een poging tot moord ná ‘n skietvoorval in Philippi-Oos vroeg gisteroggend. Omstreeks twee uur het twee verdagtes wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het, ‘n huis in Hankomostraat binnegegaan en losgebrand. Twee mans van 19 en 20 jaar oud, en ‘n 20-jarige vrou, is op die toneel dood. ‘n 26-jarige vrou is gewond en ontvang behandeling. Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help. Die motief is onbekend.