# ‘n Klein span Britse militêre beplanners en logistieke kenners is beskikbaar om Jordanië te help met die lugaflewering van hulp in Gaza. Hulle kan binne die volgende twee dae ontplooi word. Die Britse premier Keir Stamer het aan die Mirror gesê die regering werk reeds met die Jordaanse owerhede saam om Britse hulp op vliegtuie en in Gaza te kry. Brittanje het ook voorheen vliegtuie gestuur om hulp af te lewer. Britse magte het voorheen al elf lugaflewerings in Gaza voltooi en 110 ton noodlenigingsitems afgelewer as deel van ‘n internasionale lugkoalisie wat Jordanië lei.