Skip to content

Sokker: Banyana-afrigter sal oor haar toekoms besluit na hulle van Marokko terugkeer

# Sokker: Die hoofafrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê sy sal haar toekoms oorweeg wanneer hulle volgende week terugkeer van die Afrikabeker-vrouetoernooi in Marokko. Die verdedigende kampioen het in die halfeindstryd teen Nigerië verloor en speel vanaand teen Ghana in die uitspeelstryd om derde plek. Nigerië en die gasvroue speel môre in die eindstryd. Ellis, wat sedert 2016 by Banyana is, erken dit sal moeilik wees om die spelers se moraal te verbeter na die halfeindronde-nederlaag en die erge beenbesering van die vleuel Gabby Salgado.