Skip to content

Rugby: Ackermann sê daar is nie plek op Loftus vir ego’s nie

# Rugby: Die nuwe hoofafrigter van die Bulle, Johan Ackermann, sê ego’s sal nie op Loftus geduld word nie en elke speler moet sy plek in die span verdien. Hy het sy manne belowe dat hulle altyd sal weet waar hulle met hom staan. Ackermann wil ‘n span hê wat hard werk, en waarsku dat spelers die span eerste moet stel. Hy sê hy wil nie die direkteur van rugby wees soos sy voorganger, Jake White, nie, maar wil die afrigter wees wat sy hande op die veld vuilmaak.