Skip to content

CNN-meningspeiling toon meeste Amerikaners dink Trump se deportasiebeleid gaan te ver

# ʼn Nuwe CNN-meningspeiling toon 55-persent Amerikaners reken president Donald Trump gaan te ver wat die deportasie van onwettige immigrante betref. Volgens berigte het die meeste immigrante wat tussen Oktober en Mei in Amerika in hegtenis geneem is, nie ernstige misdade gepleeg nie. Intussen sê 46-persent deelnemers Trump se immigrasiebeleide maak Amerika ʼn veiliger plek. ʼn Meerderheid van 57-persent sê ook hulle is gekant teen die oprigting van nuwe aanhoudingsfasiliteite wat tot 100-duisend ongedokumenteerde immigrante kan huisves.