Nuus 06:00
BULLETIN 14 Julie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa plaas polisieminister Mchunu met onmiddellike ingang op spesiale verlof
# SKOOR bevestig die Padongelukkefonds-ondersoek sal voortgaan
# En motorsport: Ricky Raaff is dood tydens ‘n veldfietswedren-kampioenskap
# President Cyril Ramaphosa het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, met onmiddellike ingang op verlof geplaas. Dit volg op die verdoemende bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het Mchunu onder andere beskuldig van politieke inmenging in polisie-ondersoeke, bande met gewetenlose karakters, en die ontbinding van die Politieke Moorde-taakspan in KZN. Ramaphosa het gisteraand die nasie by die Uniegebou toegespreek en gesê dat hy professor Firoz Cachalia van die Universiteit van die Witwatersrand as waarnemende minister van Polisie aangestel het:
Ramaphosa het ook die vestiging van ‘n regterlike kommissie van ondersoek aangekondig om die bewerings te ondersoek. Waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga sal die ondersoek lei. Ramaphosa sê die kommissie sal bewerings ondersoek wat verband hou met misdaadsindikate se infiltrasie van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings binne die strafregstelsel:
# Die voorsitter van die staande komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, sê pogings om ‘n volledige komitee-ondersoek na die Padongelukkefonds te herroep, het misluk. Zibi sê dit is vir September geskeduleer en sal bewerings van wanadministrasie en finansiële wanbestuur ondersoek. Die uitvoerende hoof van die fonds, Collins Letsoalo, en die hoofbeleggingsbeampte, Sefotle Modiba, is geskors. Zibi sê alle betrokkenes moet onder eed, in die openbaar, rekenskap gee van openbare fondse. Toepaslike dokumente sal op die Parlement se webwerf gelaai word vir deursigtigheid.
# TLU SA se Noord-Kaapse tak het alarm gemaak oor die Vioolsdrif-grenspos wat vir meer as ‘n maand sonder water bedryf word. Die voorsitter van TLU SA Noord-Kaap, Jan Palm, sê ondanks daaglikse aktiwiteite deur grensbeamptes, is daar geen water vir die personeel of die omliggende gebied nie. Palm sê die belangrikste handels- en toerismepoort met Namibië staar nou gesondheidsrisiko’s en operasionele druk in die gesig. Hy doen ‘n beroep op owerhede om dringend basiese dienste te herstel en aanspreeklikheid by hierdie belangrike internasionale grenspos te verseker.
# Adjunkpresident Paul Mashatile lei ‘n hoëvlak-afvaardiging na die weeklange China Internasionale Voorsieningsketting-ekspo. Suid-Afrika sal beleggingsprojekte ten toon stel en sektore soos hernubare energie en digitale tegnologie bevorder onder die tema: Suid-Afrika: Jou Pad na Voorsieningsketting-veerkragtigheid. Die waarnemende woordvoerder, Keith Khoza, sê die besoek wil handelsbande te versterk, beleggings lok en ekonomiese samewerking in die SA-China Strategiese Vennootskapsraamwerk versterk:
# Motorsport: Ricky Raaff van Suid-Afrika is dood tydens die Noordelike Streke se Streeksmotorfiets-kampioenskap wat oor die naweek by die Ridgeway MX Park in Gauteng gehou is. Die 25-jarige motorfietsryer is in ‘n insident tydens die vierde ronde oorlede. Motorsport Suid-Afrika sê ten spyte van die vinnige reaksie van mediese personeel en nooddienste, is Raaff op die baan dood. Organiseerders van die kampioenskap sê Raaff was nie net ‘n ongelooflik talentvolle jaer nie, maar ook ‘n ware vriend, ‘n vurige mededinger en passievolle lid van die veldfietswedren-familie.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-93-sent teen die dollar, 20-rand-93-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 118-duisend-710-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-368-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-91-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….