Nuus 08:00
BULLETIN 13 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika wag op Ramaphosa se toespraak oor die aantygings deur Nhlanhla Mkhwanazi
# Donald Trump dreig die EU en Mexiko met ‘n 30 persent-tariefverhoging
# En rugby: Die Springbokke uitoorlê Italië met sewe drieë in hul tweede toets
# Suid-Afrikaners wag vanaand op president Cyril Ramaphosa se toespraak oor die plofbare aantygings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het senior polisie en politieke leiers betrek by misdaadverwante inmenging. Dit volg nadat die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, drie parlementêre komitees opdrag gegee het om die saak dringend te ondersoek. Ramaphosa sal na verwagting stappe aankondig om die sekerheidsintegriteit en openbare vertroue te herstel te midde van ‘n eskalerende politieke en polisiëringskrisis.
Die EFF-leier Julius Malema voer intussen aan die polisieminister Senzo Mchunu en lede van die polisiebestuur moet ontslaan word in die lig van bewerings van politieke inmenging in die uitvoerende gesag. Malema het tydens die begrafnis van oud-adjunkpresident David Mabuza in Mbombela gesê die publiek het vertroue in wetstoepassing verloor en president Cyril Ramaphosa moet optree ná die bewerings van Mkhwanazi:
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê sy departement is problematies en tree op as die land se grootste verhuurder vir individue eerder as van bates. Macpherson het op die DA-potgooi onderneem om die departement te transformeer namate nuwe hervormings en verantwoordingsmaatreëls doeltreffende uitvoering en openbare dienslewering verseker:
# President Donald Trump het gister gedreig om van 1 Augustus ‘n 30-persent-tarief op invoere uit Mexiko en die Europese Unie te hef. Dit volg na weke se onderhandelinge met die belangrikste Amerikaanse handelsvennote nie daarin kon slaag om ‘n omvattende handelsooreenkoms te bereik nie. Trump het die jongste tariewe aangekondig in afsonderlike briewe aan die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, en die Meksikaanse president, Claudia Sheinbaum, wat op sy Truth Social-mediawebwerf geplaas is. Von der Leyen sê die EU sal voortgaan om te werk aan ‘n handelsooreenkoms en die nodige stappe doen om EU-belange te beskerm.
# En ten slotte sportnuus:
# Rugby: Suid-Afrika het gister ‘n oortuigende oorwinning van 45 – 0 in hul tweede toets teen Italië op die Nelson Mandela-stadion in Gqeberha behaal. Die Bokke moes ‘n groot deel van die wedstryd met 14 man klaarkom nadat Jasper Wiese vroeg in die eerste helfte ‘n rooi kaart gekry het. Hulle kon egter steeds sewe drieë druk, met Edwill van der Merwe twee, en een elk deur Grant Williams, Canan Moodie, Malcolm Marx, Makazole Mapimpi en Jan-Hendrik Wessels. Manie Libbok het met 5 doelskoppe geslaag. Dit was ook ‘n spesiale dag vir Willie le Roux, wat sy 100ste toetswedstryd gespeel het.
# En tennis: Die agtste gekeurde Iga Swiatek van Pole het Amanda Anisimova van Amerika se senuagtigheid uitgebuit om haar eerste Wimbledon-titel te wen in die grootste nederlaag in die vroue-eindstryd in meer as ‘n eeu. Albei spelers het in hul eerste Wimbledon-eindstryd gespeel, maar Swiatek was van die begin af meer selfversekerd en het ‘n oorwinning van 6-0, 6-0 in net 57 minute behaal om ‘n sesde Grand Slam-titel te wen. Die 24-jarige Swiatek sê dit was super surrealisties, aangesien sy nie verwag het om op so ‘n manier te wen nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….