# Rugby: Suid-Afrika het gister ‘n oortuigende oorwinning van 45 – 0 in hul tweede toets teen Italië op die Nelson Mandela-stadion in Gqeberha behaal. Die Bokke moes ‘n groot deel van die wedstryd met 14 man klaarkom nadat Jasper Wiese vroeg in die eerste helfte ‘n rooi kaart gekry het. Hulle kon egter steeds sewe drieë druk, met Edwill van der Merwe twee, en een elk deur Grant Williams, Canan Moodie, Malcolm Marx, Makazole Mapimpi en Jan-Hendrik Wessels. Manie Libbok het met 5 doelskoppe geslaag. Dit was ook ‘n spesiale dag vir Willie le Roux, wat sy 100ste toetswedstryd gespeel het.