# Alexandra Abrahams van die DA sê meer as twee-miljoen begunstigdes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Sosiale Sekerheid sal moontlik teen Oktober 2025 nie hulle toelaes ontvang nie, as die Openbare Beskermer se warskuwing korrek is. Die Openbare Beskermer het ondersoek ingestel oor aantygings van onnodige vertraging deur SASSA en die onreëlmatige aanstelling van die voormalige SASSA uitvoerende hoof, Busisiwe Memela-Khambula. Abrahams sê die DA het gevra dat SASSA, Postbank, en die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank dringend aan die Parlement verslag moet doen: