# Die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, sê politieke partye wat die departement se begroting verwerp, verwerp eintlik Suid-Afrikaners se begroting. Die DA en die EFF kritiseer haar leierskap, haar hantering van die SETA-raad aanstellings en kwessies met betrekking tot die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Nkabane het eise vir haar bedanking as vrouehaat afgemaak. Sy het op ‘n toespraak in Kaapstad onthul NSFAS het sedert 2023 reeds 332-miljoen-rand aan studente uitbetaal. Sy bepleit voortgesette belegging in akademiese opleiding: