# Krieket: Die Proteas het Zimbabwe hulle ergste toetsnederlaag nóg toegedien deur hulle met 328 lopies op die vierde dag in Bulawayo te verslaan . Daar was talle helde vir Suid-Afrika – speler van die wedstryd en nuweling, Lhuan-dré Pretorius, en Corbin Bosch het honderdtalle in hulle eerste beurt aangeteken en Wiaan Mulder nog een in die tweede. Bosch het vyf paaltjies geneem in Zimbabwe se tweede beurt toe Sean Williams 137 aangeteken het, en Mulder het vier in die gashere se eerste beurt laat spat. Die laaste toets begin Sondag, ook in Bulawayo.