# Die Stad Tshwane verwelkom die arrestasies van drie munisipale werkers in verband met ‘n poging tot diefstal en die opsetlike beskadiging van ‘n transformator ter waarde van sewe-miljoen-rand by die Claudius-substasie in Laudium verlede jaar. Die Stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die voorval het die stad se kraginfrastruktuur ernstig benadeel. Hy het die SAPD geprys vir sy vinnige optrede en beklemtoon sulke dade stel openbare veiligheid in gevaar en plaas druk op hulpbronne: