Skip to content

SAPD lê beslag op R19-miljoen se vervalste goedere in Bloemfontein [KLANK]

# Polisie in die Vrystaat het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 19-miljoen-rand en ses buitelandse burgers in hegtenis geneem tydens operasies in Bloemfontein hierdie week. Die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere het met die ondersteuning van SARS Doeane, meer as 13-duisend nagemaakte luukse items gekonfiskeer. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê die arrestasies sluit in oortredings van die immigrasiewet, met een verdagte wat bykomend aangekla word van verset teen arrestasie. Sy sê pogings om onwettige handel te bestry, duur voort:

AFR-VanWykOnCounterfiet