Skip to content

Gholf: SA se Aldrich Potgieter staan steeds ‘n kans in Detroit

# Gholf: Aldrich Potgieter van Suid-Afrika, wat die Detroit-gholfklub se baanrekord in die eerste rondte verbeter het, is twee houe agter die voorloper na die tweede rondte van die Rocket Classic. Die Amerikaner Philip Knowles loop saam met sy landgenote Chris Kirk en Andrew Putnam voor. Die baanrekord is gister weer verbeter, hierdie keer deur Jake Knapp, wat 66 in ‘n foutlose rondte met nege voëltjies en ‘n arend behaal het. Daarmee is die rekord van 62 wat Donderdag deur Potgieter en die Amerikaner Kevin Roy opgestel is, verbeter.