Skip to content

DRK en Rwanda teken langverwagte vredesooreenkoms in Washington

# Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo het ‘n vredesooreenkoms in Washington onderteken om dekades van konflik te beëindig, en die VSA toegang tot minerale te verleen. Die BBC berig verdere besonderhede is nie bekend nie en vorige vredesooreenkomste het misluk. Die Amerikaanse en Kongolese presidente beskou dit as ‘n geskiedkundige stap vorentoe. Trump het die ooreenkoms, wat die Kongolese en Rwandese ministers van buitelandse sake onderteken het, as ‘n geweldige deurbraak beskryf.