Skip to content

EFF gaan wetsontwerp indien om regering se onbeheerde leningsmagte in te perk

# Die EFF het die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, versoek om ‘n privaat lid-wetsontwerp, die Wysigingswetsontwerp op Openbare Finansiële Bestuur, in te dien. Dit wil die bestaande wet wysig om die uitvoerende gesag se magte te reguleer om van internasionale finansiële instellings te leen. Die party sê die wetsontwerp is gemik op die inperking van die regering se onbeheerde leningsbevoegdhede en die versterking van parlementêre toesig oor nasionale skuld. Hy sê dis gegrond op die grondwetlike beginsels van deursigtigheid, verantwoordbaarheid en gesonde finansiële bestuur.