Skip to content

Gholf: SA se Thriston Lawrence het steeds ‘n kans by die Amerikaanse Ope

# Gholf: Suid-Afrika se Thriston Lawrence het na die derde ronde gister steeds ‘n kans by die Amerikaanse Ope by Oakmont. Lawrence het ‘n baansyfer 70 gespeel wat hom op 211 gelaat het, drie houe agter die voorloper Sam Burns van die VSA. Die ander Suid-Afrikaner wat steeds in die veld is, Christiaan Bezuidenhout, het die ronde met een oor baansyfer 71 afgesluit, wat hom ses houe agter die voorloper plaas. Burns het ‘n voorsprong van een hou, voor die laaste ronde met een-onder-baansyfer 69.