# Krieket: Planne om in Julie ‘n Europese T20-franchisetoernooi aan te bied, is tot 2026 uitgestel. Die Europese Premierliga, wat gedeeltelik besit word deur die Bollywood-akteur, Abhishek Bachchan, sou spanne van Ierland, Skotland en Nederland insluit, en in stede soos Dublin, Glasgow, Amsterdam en Rotterdam gespeel word. Volgens berigte is die vertraging grootliks te wyte aan drie voornemende franchise-eienaars wat tans eerder daarop wil fokus om aandele te finaliseer in The Hundred, Engeland se stadsgebaseerde krieketkompetisie.
Krieket: Europese T20-franchisetoernooi afskop nou eers volgende jaar