Skip to content

Vrou getuig in Australiese sampioen-moordsaak

# Die regspan van ‘n Australiese vrou wat van moord aangekla is nadat drie mense gesterf het weens haar tuisgemaakte kos, het die sterftes ‘n aaklige ongeluk genoem. Erin Patterson, wat vandag getuig het, het glo op 23 Julie 2023 beef wellington – wat dodelike duiwelsbrood-sampioene bevat het – by haar huis in Victoria gekook. Haar vervreemde man se ouers en sy tannie is dood daarvan, maar sy oom het oorleef. Die staat voer aan dat die 50-jarige Patterson die giftige sampioene met opset gebruik het, maar sy betwis dit. Sy getuig môre verder.