Skip to content

DA veroordeel vertragings met operasies vir meer as 34 000 pasiënte in Gautengse hospitale

# Die DA het vertragings met operasies van 34 500 pasiënte in Gautengse staatshospitale veroordeel. Die DA woordvoerder van gesondheid in Gauteng, Jack Bloom, sê die data is verskaf deur die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko. Bloom het bevestig dat die Steve Biko-hospitaal die ergste geraak word, met meer as ses-duisend-700 pasiënte. Hy waarsku dat die werklike syfer kan meer as 40 000 pasiënte raak as gevolg van begrotingsbesnoeiings, personeeltekorte en onvolledige data van alle hospitale. Hy doen ‘n beroep op die effektiewe gebruik van die begroting van 66-miljard-rand om die waglyste te verminder.