# Tennis: Dit was ‘n dag vir die groot name om gemaklik na die laaste 16 van die manstoernooi deur te dring. Die topgekeurde Jannik Sinner het slegs drie potte weggegee om met Jiri Lehecka af te reken. Die Britse wêreld nommer-vyf, Jack Draper, het die Brasiliaanse tiener Joao Fonseca uitgestof en die driemalige kampioen Novak Djokovic het die Oostenrykse kwalifiseerder Filip Misolic in drie stelle geklop. Saam met die top agt gekeurde spelers in die damesafdeling, is dit die eerste keer sedert 2003 dat al die gekeurde spelers die vierde ronde haal.
Tennis: Gekeurde spelers gemaklik deur na die laaste 16 by Roland Garros