# Minstens sewe mense is dood nadat ‘n hoofwegbrug op ‘n spoorlyn in Rusland naby die Oekraïense grens in Bryansk ineengestort het. Verskeie swaar vragmotors het op ‘n bewegende passasierstrein beland toe die brug laat gisteraand ineengestort het. Daar word berig dat 31 mense beseer is. Die Russiese Ministerie van Noodgevalle het gesê brand- en reddingseenhede probeer mense opspoor wat op die trein gereis het. In ‘n verklaring wat op Telegram geplaas is, beweer Moskou-spoorwegowerhede dat die brug ineengestort het as gevolg van onwettige inmenging in vervoerbedrywighede.
Sewe dood na Russiese vragmotors vanaf hoofwegbrug op trein neerstort