# Rugby: Die Haaie het na die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap deurgedring, deur Munster met die kleinste moontlike punteverskil in Durban te klop. Met die tellings gelykop op 24-24, het die wedstryd na bykomende tyd oorgegaan. Met die tellings steeds gelykop na 20 minute, is die wedstryd vir die eerste keer in VRK-geskiedenis met strafskoppe beslis. Rory Scannell, wat in sy 200ste wedstryd vir Munster gespeel het, het die doelpale gemis, terwyl die Sharks al hulle skoppe verdoel het, insluitende ‘n wenpoging van die jongeling, Bradley Davids.
Rugby: Haaie vier’n naelbyt, kwarteindronde VRK-oorwinning met die kleinste moontlik punteverskil