Skip to content

Rugby: Glasgow Warriors verydel Stormers se hoop om VRK-halfeindronde te haal

# Die Glasgow Warriors het die Stormers gisteraand met 36-18 in die Scotstoun-stadion afgeransel om hul plek in die halfeindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap te verseker. Glasgow het teen rustyd met 19-14 voorgeloop. Die Skotte het vyf drieë gedruk, terwyl die res van die punte van George Horn se skopskoen was. Seabelo Senatla het twee keer gaan druk, met Sacha Feinberg-Mngomezulu wat slegs een verdoel het en twee strafskoppe oorgeskop het. Vanmiddag om 13:30 pak die Bulle Edinburgh in hul kwarteindstryd op Loftus in Pretoria, terwyl die Haaie en Munster om 19:30 in Durban kragte meet.