# Rugby: Drie nuwe spelers is ingesluit in die Junior Springbokke se oefengroep vir die laaste voorbereidingskamp voor Wêreldrugby se Onder-20 Kampioenskap volgende maand in Italië. Losskakel, Ian van der Merwe, haker, Shaun Schürman, en loskopstut, Rambo Kubheka is die nuwe spelers terwyl Jaco Grobbelaar, Arno van der Merwe, Stephanus Linde, Jaco Williams en Alzeadon Felix na die groep terugkeer. Die Junior Bokke sal vir die volgende drie weke in Stellenbosch oefen voordat die groep van 30 spelers op 24 Junie na Italië vertrek.
Rugby: Drie nuwe spelers sluit aan by Junior Bokke vir finale oefenkamp voor die Onder-20 kampioenskappe